Afval kan veroudering natuurlik voorkom

Het jy geweet diere se ingewande, breine, testes en ander afval is goeie bronne van kollageen, wat veroudering bekamp?

Dié diere-afval is ryk in nutriënte, vitamines en minerale, veral kollageen. Kollageen bied struktuur aan ons vel en maak ons bene sterker.

Catherine Clarke, eienaar van die aanlyn gesondheidswinkel Harvest Table, sê die meeste mense het ʼn tekort aan kollageen omdat ons nie meer eet soos ons voorvaders geëet het nie.

“Ons eet deesdae net nie meer ʼn dier van kop tot stert op nie, wat beteken dat ons nie meer die meerderheid kollageen wat in die dele van diere gestoor word, inneem nie,” sê Clarke.

Sy verduidelik dat kollageen in die liggaam verminder hoe ouer jy word en dat dié daling lei tot tekens van veroudering.

“So vroeg soos jou 30’s reeds kan mense simptome van verswakte spiere en gewrigte, plooie en maagprobleme begin ontwikkel. Hierdie simptome dui nie net op veroudering nie, maar ook aan ʼn tekort aan kollageen.”

Clarke sê daar is darem reeds alternatiewe vir diere-afval beskikbaar. Soos geurlose kollageenpoeier wat saam met enigiets gemeng kan word.

Clarke gee dié vyf redes om kollageen by jou daaglikse dieet in te sluit:

  • Jeugdige vel – Kollageen help om veroudering teen te werk en help ook teen rekmerke en selluliet.
  • Beveg inflammasie – Glisien, wat in kollageen voorkom, kan help om inflammasie te verminder. Verminderde inflammasie lei na minder simptome van outo-immuunsiektes. Dit is hoekom mense met artritis, seliaksiekte en psoriase kollageenaanvullers drink.
  • Gesonde hare en naels – Kollageen bevat die nodige aminosure om kreatien te vervaardig, wat nodig is vir sterk, gesonde hare en naels.
  • Genees wonde vinniger – Kollageen is soos die gom wat jou vel bymekaar hou, en as jy meer “gom” in jou vel het, kan dit vinniger herstel. Omdat jou vel sterker word, sal seerplekke ook nie so lank of diep wees nie.
  • Hartgesondheid – Prolien, wat in kollageen voorkom, kan help om jou hart en arteriële wande te beskerm, omdat dit keer dat vet in die bloedstroom ophoop deur die bloeddruk te reguleer.

Vir meer inligting oor Harvest Table, besoek hul webtuiste hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

koos ·

Geen wonder vegans lyk so oud nie! Net ‘n grappie julle!!!

Dalena ·

Koos, ten minste gaan slaap ons vegans met ‘n skoon gewete. Ons betaal niemand om enige dier wreed te vermoor nie!!

Penellope Jones ·

Nee wat, ek verouder maar eerder. . . . . . . . .

Johan Venter ·

Jip, en van kop tot stert eet wil ek nie eens hoor nie. Nie in hiérdie dae nie!

Wilhelm ·

Ja mense, koop die wonder poeier op die website en leef jare langer as wat jy sou geleef het. Dit is nog nie bewys nie, maar glo dit net. Dan gaan kyk jy in die spieel en noem jouself ‘n pop.

andries makopa ·

My ouma eet al jare ingelegde varkbalsakke , elke oggend twee , en sy lyk 33

Wilhelm ·

Dankie vir daardie wenk man. Ek dink jy moet ‘n website oopmaak wat ingelegde varkbalsakke verkoop, en dan ‘n artikel op Maroela Media plaas met fotos van jou ouma. Mense sal daardie ingelegde varkbalsakke soos soetkoek op eet om ook 33 te lyk!

Martin ·

Afval is ook hoog in slegte cholesterol wat baie sleg is vir jou veral as jy oukant toe staan.

Binx ·

Blykbaar het hoenderpote groot hoeveelheid kollageen. Kook dit goed, tot been sag is en gooi deur sif. Gebruik dan die aftreksel.

Linda ·

Goeie ou gelatine doen presies dieselfde. Klits elke oggend of aand in jou koffie en drink.

JK ·

En waar kom al die geld vandaan om al die produkte te koop wat hulle se gaan jou help?

Annatjie ·

As ek kyk na my man wat afval sy lewe lank eet en ek eet dit glad nie, dan moet ek vir jou se dit is ‘n liegstorie want hy is omtrent 15 jaar ouer as sy regte ouderdom.

Basson ·

Weet nie maar ek worrie nie oor my looks nie. Skaap Tjop en staek maak op daarvoor.
Viva Braaivleis. Vark Balsak, Nee nog nooi gehoor van nie. Varkblaas vir sokker bol ja.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.