Foto’s: Mej. SA se top-35 aangewys

Die top-35-kandidate vir Mej. Suid-Afrika 2020 is pas bekend gemaak.

Onder vanjaar se top-35 is twee mediese dokters, ʼn prokureur, onderwyser, rolprentmaker, sanger en mode-ontwerper.

Maroela Media het vroeër berig dat voormalige wenners van die Mej. SA-titel, Adé van Heerden (2017), Liesl Laurie (2015) en Bokang Montjane-Tshabalala (2010), saam met Anele Mdoda, radio- en televisiepersoonlikheid, deur al 2 500 inskrywings gesif het om die top-35 te kies.

Drie van vanjaar se top-35 het al voorheen aan die Mej.-SA-kompetisie deelgeneem; hulle is Karishma Ramdev (2018), Anarzade Omar (2019) en Nkosazana Sibobosi (2019).

Twaalf van die top-35 kom uit Gauteng uit (twee uit Pretoria en twee uit Soweto), ses kom uit KwaZulu-Natal, vyf uit die Wes-Kaap, vier uit die Oos-Kaap en Vrystaat, twee uit Noordwes en een uit Limpopo en die Noord-Kaap elk.

Hier is die top-35 vir Mej. Suid-Afrika 2020:

Anarzade Omar (21), ʼn student van Johannesburg

Anarzade Omar

Anica Myburgh (27), ʼn internasionale model van Bethlehem wat nou in Robertson woon.

Anica Myburgh

Aphelele Mbiyo (24), ʼn bemarker en model wat in Johannesburg woon, maar oorspronklik van die Oos-Kaap kom.

Aphelele Mbiyo

Busisiwe Mmotla (27), ʼn onderwyser van Emdeni in Soweto.

Busisiwe Mmotla

Carla Peters (20), ʼn model en student, oorspronklik van Bethelsdorp, Port Elizabeth, maar woon nou in Muizenberg, Kaapstad.

Carla Peters

Chantelle Pretorius (24), model en student van Pretoria.

Chantelle Pretorius

Gabriella Koopman (23) van Sandton, Gauteng.

Gabriella Koopman

Jamie Lee Harris (24), ʼn model van Bluff, KwaZulu-Natal, wat tans in Johannesburg woon.

Jamie-Lee Harris

Jordan van der Vyver (24), ʼn internasionale model van Johannesburg, wat tans in Durbanville in die Wes-Kaap woon.

Jordan van der Vyver

Kadija Makhanya (23), ʼn student en model van KwaZulu-Natal wat tans in Kaapstad woon.

Kadija Makhanya

Karabo Legodi (21), ʼn studente en model van Soweto, Gauteng.

Karabo Legodi

Karishma Ramdev (25), ʼn mediese dokter van Chatsworth, KZN, maar nou in Pretoria woon.

Karishma Ramdev

Kayla Neilson (27), ʼn sanger en liedjieskrywer van Meredale, Johannesburg, wat nou in Randburg woon.

Kayla Neilson

Kea Mokorotlo (21), ʼn student van Bloemfontein in die Vrystaat.

Kea Mokorotlo

Lebogang Mahlangu (24), ʼn produkontwikkelaar van Soshanguve, Pretoria, maar wat tans in Umhlanga, KwaZulu-Natal, woon.

Lebogang Mahlangu

Lerato Manoko Malatji (25), ʼn model en student van Orange Farm, Gauteng.

Lerato Malatji

Lerato Siko (24) van Potchefstroom in Noordwes het haar eie geleentheidstileringonderneming.

Lerato Siko

Lesedi Phala (24) van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is ʼn student en deeltydse model.

Lesedi Phala

Lindokuhle Mvango (24) is oorspronklik van Port Elizabeth in die Oos-Kaap, maar woon tans in George in die Wes-Kaap.

Lindokuhle Mvango

Luvé Meyer (23) van Brackenfell in Kaapstad is ʼn studente en model.

Luvé Meyer

Matsepo Sithole (21), ʼn student van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal.

Matsepo Sithole

Melissa Nayimuli (24) van Butterworth in die Oos-Kaap, werk by ʼn bemarkingsmaatskappy en woon tans in Johannesburg.

Melissa Nayimul

Melvarene Theron (25) van Eldoradopark in Gauteng is ʼn intern in die regsveld.

Melvarene Theron

Natasha Joubert (22) van Centurion, Gauteng, is ʼn beeldpoetser en eienaar van ʼn sakeonderneming.

Natasha Joubert

Nicole Wilmans (25), van Stellenbosch in die Wes-Kaap is ʼn student.

Nicole Wilmans

Nkosazana Sibobosi (24), gebore in Khayelitsha, maar woon nou in Kaapstad, is ʼn rolprentmaker en model.

Nkosazana Sibobosi

Olin-Shae de la Cruz (26) van Claremont, Kaapstad, woon tans in Bryanston, Johannesburg, en werk vir ʼn bemarkingsmaatskappy.

Olin-Shae De La Cruz

Olorato Major (24) van Warrenton in die Noord-Kaap woon tans in Midrand, Gauteng, en is besig met haar vlieënierslisensie.

Olorato Major

Palesa Keswa (23) van Sasolburg in die Vrystaat is ʼn student.

Palesa Keswa

Savannah Schutzler (24) van Durban woon nou in Rondebosch, Kaapstad, en is ʼn aktrise en aanlyn onderwyser.

Savannah Schutzler

Sherry Wang (25) van Sunninghill, Johannesburg, werk as ʼn menslikehulpbronbestuurder.

Sherry Wang

Shevon Pereira (23) van Johannesburg, Gauteng, besit ʼn klein sakeonderneming, en is ʼn deeltydse model.

Shevon Pereira

Shudufhadzo Musida (23) is oorspronklik van Ha-Masia in Venda, Limpopo, maar woon tans in Johannesburg. Sy is ʼn student.

Shudufhadzo Musida

Stacy Gossayn (23) is van Viljoenskroon in die Vrystaat.

Stacy Gossayn

Thato Mosehle (25) is ʼn mediese dokter en deeltydse student van Stilfontein in Noordwes.

Thato Mosehle

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Daleen ·

Paar pragtige dames. Jordan lyk vir my net soos Cameron Diaz. Wonder net hoekom staan Matsepo so met haar arms gekruis oor haar bors dit trek definitief die aandag van haar gesig af.

Tuinuitsig ·

Pragtige meisies – hoe kies mens? Elkeen staan ‘n kans om met die titel weg te loop.

Vonnie ·

Palesa Keswa van Sasolburg. You go girl. Hou ons dorp se naam hoog! 2e keuse Stacy Gossayn. Verder kan almal saam 3e plek kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.