Gehalte leerprodukte vir die plaaslike mark

(Foto: Boot and Rally)

Boot and Rally het in 2018 sy deure oopgemaak met die doel om kwaliteit leerprodukte teen bekostigbare pryse vir die plaaslike mark te verskaf. Die maatskappy betree binnekort ook uit na die uitvoermark.

Dit is ʼn familiebesigheid wat moeite doen om sy doelwitte te bereik en danksy goeie kliëntediens keer klante keer op keer terug.

“Ons maak sover as moontlik gebruik van plaaslike rou produkte en meeste van ons leer is eg Suid-Afrikaans,” sê Alex Strydom, direkteur van Boot and Rally. “Meeste hardeware en verbruiksmateriaal word ook plaaslik gewerf en aangeskaf.”

Die produkte word deurlopend aan kwaliteittoetse en inspeksies onderwerp en sodoende probeer die maatskappy verseker dat slegs die beste aan sy klante verskaf word.

“Ons bedryf ons onderneming as ʼn familie en voel dat ons klante deel is van die familie. Hulle is dus bo-aan ons prioriteitslys en verdien slegs die beste.”

(Foto: Boot and Rally)

Boot and Rally werk voortdurend aan nuwe produkte en vrystellings en sodoende maak die maatskappy seker dat hy op die voorpunt bly van die jongste tendense en tegnieke.

Lê gerus besoek af aan Boot and Rally se winkel en fabriek op die boonste vlak van die Equestria-winkelsentrum in Pretoria of besoek die aanlyn winkel. Die produkte kan by enigiemand in Suid-Afrika afgelewer word.

Besoek die webwerf: https://bootandrally.co.za/

  • Besoek ook ons uitstalling by Sakeliga KragDag 2022 van 11 tot 13 Augustus by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.