Span die Japannese shibori-kleurtegniek in om jou eie lap te kleur en dié spesiale rok vir die somer te maak.
Shibori is baie soos die knoop-en-doop-kleurtegniek (tie-dye) wat in die 1960’s gewild geraak het. Materiaal word geknoop of gevou voordat dit in kleursel gedoop word. Die dele waar die knope en voue is, bly dan ongekleur.
Tradisioneel is indigo‑kleursel gebruik, maar jy kan enige kleur van jou keuse gebruik. Daar is ʼn magdom knoop- en voumetodes, maar ons wys hier net twee, die itajime- en kanako-metodes, wat albei redelik eenvoudig is.
Wenk: Was altyd eers jou lap voordat jy dit kleur – so kleef die kleursel beter.
Idees het dié projek en patroon vir die rok spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se Januarie/Februarie 2021-uitgawe verskyn.
Vul die vorm hier onder in om die projek in jou e-posbus te ontvang: