Kies die perfekte blosser vir jou

Om die regte skakering blosser te kies kan intimiderend wees, veral vir mense wat nie gemaklik is met grimering nie.

Daar is soveel kleure, handelsmerke en teksture om van te kies. Waar begin ʼn mens? Dit is ook maklik om te veel blosser aan te wend en moeilik om uit te vind watter kleur jou gelaat die beste sal pas.

Blosser het die vermoë om jou gesig op te helder en dit laat jou vinnig jonk en vars lyk. Viva La Diva, ʼn veganistiese grimeerreeks, gee ʼn paar maklike wenke om die perfekte blosser vir jóú voorkoms te kies.

Room of poeier?

Hoewel poeierblosser ʼn ou betroubare produk is, het die gewildheid van roomformules in die laaste paar jaar toegeneem.

As jou vel na die droër kant toe neig, veral op jou wange, is ʼn roomblosser die een vir jou. Die vog sal voorkom dat blosser onreëlmatig voorkom en dit sal ook jou vel hidreer.

Vir diegene met ʼn olierige vel is dit beter om ʼn poeierblosser te gebruik, want dit sal help om jou gesig minder blink te laat lyk en dit sal jou grimering in plek hou deur die loop van die dag.

As langdurigheid van jou grimering die probleem is, kan jy roomblosser onder poeierblosser aanwend sodat dit langer mooi lyk op jou gesig.

Kies die regte kleur

Perske-kleure

Rooskleurige blossers lyk die beste saam met perske-kleur ondertone. Die twee kleure komplementeer mekaar sonder dat jy soos ʼn hanswors lyk.

Goue kleure

Vir mense met ʼn goudkleurige gelaat is dit maklik om ʼn vleiende blosser te kry omdat die meeste kleure hulle goed pas. Pers‑ en pienkkleurige blosser behoort altyd jou beste vriend te wees.

Olyf ondertone

Mense met ʼn olyfkleurige gelaat sal die meeste voordeel trek wanneer die blosser met ʼn verbruiner gemeng word. Dit help om te voorkom dat die blosser uit plek uit lyk en dit help met egalige aanwending van die produk en kleure.

Besoek Viva La Diva se webtuiste vir meer inligting of nog grimeerwenke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.