Kies gesonde tuisvelsorg bo indringende teenverouderingsprosedures

Argieffoto. (Foto: Andrea Piaquadio/Pexels)

Soos ons ouer word, ondergaan ons vel verskeie veranderinge, insluitend ‘n verlies aan elastisiteit en ‘n afname in kollageenproduksie, maar duursame, indringende velsorgprosedures pas nie noodwendig elkeen se sak of smaak nie.

Volgens Ruan Winter, bemarkingsbestuurder van die Vitaderm-velsorghandelsmerk, is dit belangriker en meer haalbaar om ʼn jeugdige, gloeiende gelaat met ʼn gesonde tuisvelsorgregime te handhaaf.

“Nie-indringende behandelings, soos chemiese afskilfering, laserterapie en mikronaaldwerk (microneedling), kan wel effektief wees om die tekens van veroudering te verminder, maar dit is belangriker om jou vel daagliks korrek te versorg.”

Winter deel vyf basiese wenke vir ʼn gesonde, voorkoms:

Beskerm jou vel teen die son

Een van die doeltreffendste maniere om voortydige veroudering te voorkom, is om jou vel teen die son te beskerm.

Langdurige sonblootstelling kan lei tot velskade, insluitend plooie, fyn lyntjies, ouderdomsvlekke en ‘n verhoogde risiko van velkanker.

Om jou vel teen die son te beskerm, maak seker dat jy elke dag ‘n breëspektrum-sonskerm met ‘n SPF van minstens 30 aanwend, selfs op bewolkte dae.

Vitaderm se Reflective Sun Barrier SPF 35+ bevat ‘n hoë persentasie reflektiewe inhoud wat beskerming bied teen beide UVA- en UVB-strale, wat dit ‘n veiliger en gesonder alternatief maak vir sonskerms wat hoë vlakke van chemikalieë bevat.

Vitaderm se Reflective Sun Barrier SPF 35+ bevat ‘n hoë persentasie reflektiewe bestandele. (Foto: Verskaf)

Bevogtig gereeld

Bevogtiging is noodsaaklik vir die handhawing van gesonde, bevogtigde vel, en kan help om die voorkoms van fyn lyntjies en plooie te verminder.

Kies ‘n bevogtiger wat vir jou veltipe geformuleer is en wend dit elke oggend en aand aan jou gesig en nek.

Vir ʼn ekstra hupstoot, kies ‘n bevogtigingsserum of -gesigolie om saam met jou daaglikse vogroom te gebruik.

Soek ʼn sagte afskilferingsmiddel

Afskilfering is ‘n belangrike stap in enige velsorgroetine, aangesien dit help om dooie velselle te verwyder en selomset te bevorder.

Onthou egter om liggies af te skilfer, aangesien produkte met growwe bestanddele irritasie en skade aan die vel kan veroorsaak. Oorweeg ‘n chemiese afskilfering wat alfa-hidroksisure (AHA’s) of beta-hidroksisure (BHA’s) bevat en gebruik dit slegs een of twee keer per week.

 

Kies produkte met dié bestanddele teen veroudering

Bestanddele soos retinoïede, vitamien C, hialuroniese suur (hyaluronic acid), en peptiede help om die vel te bevogtig en proteïen in die vel op te bou.

Vitaderm se Retinol Serum se vervolmaakte formulering bevat ‘n 2,5%-mengsel van vitamien A’s wat super antioksidante eienskappe bied en velregenerasie verbeter.

Retinol is die primêre, natuurlikste voorkomende vorm van vitamien A en is veral bekend vir sy teenverouderingseienskappe.

Winter benadruk dat dié serums slegs snags op ‘n skoon gesig gebruik moet word.

“Wanneer enige retinolproduk in die dag gebruik word, is dit noodsaaklik om ‘n sonskerm van ten minste SPF 30 te gebruik,” voeg hy by.

Vitaderm se Retinol Serum. (Foto: Verskaf)

Oorweeg professionele nie-indringende behandelings hierdie herfs

Benewens tuisvelsorg, is daar wel volgens Winter verskeie professionele behandelings wat jou kan help om ’n jeugdiger, gloeiende gelaat te kry.

Van die gewildste teenverouderingsbehandelings is chemiese afskilfering en volgens Winter is herfs die beste tyd om ‘n dié tipe behandelings te kry. Die koeler weer en laer humiditeitsvlakke veroorsaak minder stres op die vel gedurende die herstelperiode.

“Vitaderm bied ‘n reeks professionele afskilferingbehandelings in die salon wat die buitenste laag dooie velselle verwyder en die produksie van nuwe, gesonde velselle stimuleer. Hierdie proses kan ‘n paar dae tot ‘n week duur, waartydens die vel effens geïrriteerd of sensitief kan lyk en voel, maar ná die herstelperiode kan jy die lente met ‘n hernude, verfrisde vel verwelkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Delia ·

Duisende rande en ons word in elk geval oud..aanvaar dit en dra jou plooie met trots.

Estelle ·

Hierdie artikel gaan nie oor raad vir velsorg nie – dis bloot n Vitaderm advertensie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.