Luister: Het ons gesigserums én vogroom nodig?

Argieffoto: (Foto: Alesia Kozik/Pexels)

Byna elke bekende skoonheidshandelsmerk spog nou ook met sy eie serumreeks, maar met so baie opsies en byna onuitspreekbare bestanddele word dit al hoe moeiliker om ʼn ingeligte besluit te maak voor jy een aankoop.

Kan ons dit met vogroom vir gebruik bedags vervang of eerder net aanvul? Is daar sekere bestanddele wat dalk nie vir sekere veltipes gepas is nie? Mag jy dit soggens én saans aanwend?

Maroela Media het die hulp van Felicia Keus, ʼn dosent in somatologie aan die Isa Carstens-skoonheidsakademie, ingeroep om dié en talle ander velsorgverwante vrae vanuit ʼn wetenskaplike perspektief te beantwoord.

In die derde episode van hierdie podsendingreeks verduidelik sy wat ʼn gesigserum is, watter voordele dit vir jou vel inhou en watter bestanddele die beste vir verskillende veltipes sal werk.

  • Luister hier na die eerste episode waarin sy meer oor ingewikkelde velsorgroetines gesels.
  • Luister hier na die tweede episode waarin sy verduidelik wat die werklike doel van teenverouderingsprodukte en -prosedure is en hoe vroeg dit ingespan moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.