Modegiere 2021: Dis heerlike lente!

Ná ʼn lang, koue winter kan Suid-Afrikaners nie wag om uiteindelik die dik winterjasse, bonkige truie en wolserpe te verruil vir ʼn koeler, ligter klerekas nie.

Modes verander saam met die seisoen en vir baie modebewustes is dit opwindend om nou hul klerekas te kan aanpas met meer vloeiende items, te speel met kleure en patrone en om nuwe silhoeëtte te ontdek ná die koue wintermaande van jasse en stewels.

Lente se modegiere vloei dikwels oor na die somer, so as jy nou al hierdie items koop, sal jy vir die res van die jaar lyk of jy al maande lank die loopplanke dophou.

Wys ʼn bietjie been

Ontwerpers is dit eens dat ʼn lang been die silhoeët van die seisoen is. Afgesnyde denimkortbroeke en minirokkies met patrone is belangrike items vir hierdie modeseisoen.

(Foto: Superbalist)

Verruil sweetpakbroeke vir wyepypbroeke

Die wyepypbroek is vanjaar ʼn moet-hê-item vir die modeseisoen. Dra dit saam met ʼn T-hemp vir ʼn meer gemaklike voorkoms of voeg ʼn netjiese baadjie by vir ʼn voorkoms wat treffend op kantoor sal lyk.

(Foto: Superbalist)

Speel met kleur

Helder jou klerekas op deur te speel met kleure en patrone. Laat die voorkoms vir jou werk deur groot en klein patrone te balanseer in een uitrusting terwyl jy eenvoudiger bykomstighede dra.

(Foto: Superbalist)

Pof dit uit

Pofmoue is nog steeds in die mode. Kies ʼn toppie met pofmoue en dra dit saam met ʼn eenvoudige broek of denim.

(Foto: Superbalist)

Vertrou die klassieke items

Maak staat op die klassieke items wat in elke klerekas hoort. ʼn Wit kraaghemp, ʼn snyersbaadjie en swart minirokkie gaan nooit uit die mode nie.

(Foto: Superbalist)

Bron: Vogue.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.