Mooi grimering-idees

Vanjaar gaan jy dalk nie ‘n groot strandpartytjie bywoon nie en sommer saam met jou geliefdes kuier, maar dis geen verskoning om nie op jou mooiste te lyk nie.

Probeer vanjaar iets wat jy nog nooit het nie – soos gekleurde oogskadu of aanplakjuwele as deel van jou grimering.

Blink en metaal

Blinkers en metaalkleure is altyd ʼn wenner. Gebruik blinkers of metaalkleure soos op jou oë, en rond dit af met baie maskara.

Nicole Richie met metaal-oogskadu (Foto: Pinterest via Popsugar)

Katoog

ʼn Katoog is al lank in die mode en dit lyk nie of dit plek maak vir iets anders nie. Jy kan ʼn langer, meer gewaagde katoog probeer om ʼn behoorlike indruk te maak.

Selena Gomez met ‘n donker katoog (Foto: Instagram)

Goue gelaat

In Suid-Afrika is die somerson heerlik en warm tydens die feesseisoen, en ʼn goue gelaat is in die kol vir dié seisoen. Kies ʼn goudkleurige “highlighter” eerder as ʼn wit een – ʼn vloeistof-highlighter werk die beste. Jy kan ook ʼn klein bietjie verbruiningsmiddel by jou gesigroom voeg om dit te laat lyk of jy in die son was.

Rosie Huntington-Whiteley met ‘n goue gelaat (Foto: Pinterest)

Helder lippe

Gebruik vanjaar ʼn diep pienk of ʼn robynkleur lipstiffie. Jy kan hier kies om die res van jou grimering minimalisties en neutraal te hou, of jy kan uitspattig wees met blink oë.

Prianka Chopra met pienk lipstiffie aan (Foto: Pinterest)

Gekleurde oogskadu

Bekendes soos Kendall Jenner, Bella Hadid en Kim Kardashian West is gaande oor hierdie neiging en word gereeld met gekleurde oogskadu gesien. Probeer dit gerus vanjaar met sterk wimpers en wenkbroue, maar hou die res van jou grimering eenvoudig.

Kylie Jenner met gekleurde oogskadu (Foto: Instagram)

Speel met aanplakjuwele

Hierdie goedkoop bykomstigheid kan jou behoorlik laat uitstaan.

Lady Gaga met aanplakjuwele (Foto: Pinterest)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.