Pak só slim vir jou somervakansie

(Foto: Verskaf)

Deur Lizel van der Westhuizen

Dis amper tyd om met vakansie te gaan en jy moet pak. As jy wil hê dat dié proses vlot moet verloop, is dit raadsaam om behoorlik te beplan voordat jy aan die werk spring.

Voorkom onnodige paniek omdat jy te veel swemklere ingepak het en jou slaapklere of trui by die huis vergeet het nadat iemand op jou tas moes sit om dit toe te kry.

Begin reg. Hier is ʼn lys van basiese items wat jy vir ʼn week se vakansie gaan nodig hê. Pas dit aan as jy korter of langer weggaan.

  1. Vir die dag:

  • Een denimkortbroek
  • Een of twee sagte of linne-kortbroeke
  • Een lang, los broek vir reënerige of kouer dae
  • Twee midi- of maksi-rompe
  • Twee somerrokke
  • Twee kraakvars linne- of katoenhemde
  • Een katoen T-hemp van goeie gehalte
  • Een mooi truitjie
  • Twee kort toppies of bloese. Gehekelde hempies gaan gewild wees gedurende die somer in 2022
  • Twee liggewig baadjies of ʼn leer- of denimbaadjie
  • Een waterdigte baadjie vir ingeval dit reën of ʼn sambreel
  • Opsioneel: Oefenbroek of fietsry-kortbroek
  • Opsioneel: Oefenbaadjie of sweetpakbaadjie

(Foto: Verskaf)

  1. Vir ʼn aandjie uit:

  • Drie rokke
  • Twee paar hoëmiddellyf en/of wyepypbroeke
  • Een maksi-romp (dalk satyn of iets blink)
  • Drie hempies met dun bandjies of bloese
  1. Vir die strand of langs die swembad:

  • Vier baaikostuums of bikini’s
  • Twee sarongs of kaftans

(Foto: Verskaf)

  1. Skoene:

  • Een paar aanglipskoene
  • Een paar tekkies
  • Een paar sandale met riempies en ʼn bonkige hak
  • Een paar veelsydige, pas-by-enigiets enkelband-sandale, byvoorbeeld Birkenstocks
  • Een paar gemaklike vissieplakkies
  1. Bykomstighede:

  • Goue of silwer juweliersware: Kort en middellengte halssnoere, bonkige mini-hoepeloorbelle, en miskien ʼn paar kleurvolle armbande of hangertjies
  • ʼn Klein tassie vir as jy dalk êrens gaan oornag
  • Strandsak
  • Gemaklike handsak
  • Sonbril
  • Haarklouknip
  • Sonhoed
  • Sonroom
  1. Toiletware:

  • Onderlaag
  • Basislaag
  • Verbronsingspoeier
  • Blosser
  • Wenkbroupotlood
  • Wenkbrou-jel
  • Maskara
  • Oogskadu
  • Oogomlyner
  • Lipomlyner
  • Lipstiffie of lipglans
  • Grimeerkwasse-, borsels en -sponse
  • Ooggrimeringverwyderaar
  • Velsorgprodukte
  • Lipsalf
  • Sonroom vir gesig
  • Opsioneel: Gesigmasker
  • Stortjel
  • Lyfroom
  • Na-sonbrandmiddel
  • Deodorant
  • Parfuum/ lyfsproei
  • Skeermes/ skeerskuim
  • Sjampoe
  • Opknapper
  • Haarborsel
  • Droë-sjampoe
  • Haarsproei
  • Hittebeskermingsproei
  • Haarserum/ kopvelolie/ opknapper wat jy kan inlos
  • Sproei om jou hare teen chloor- en sonskade te beskerm
  • Haardroër
  • Elektriese haargereedskap – krultang of stileerder
  • Haarrekkies

(Foto: Verskaf)

Wanneer jy pak, maak seker die klere wat jy kies kan gemeng en pas word sodat jy met slegs ʼn paar items baie verskillende uitrustings kan maak.

Met hierdie paklys is ek ook nou sommer reg vir ʼn heerlike somervakansie!

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.