Om jou trourok te kies is een van die mees opwindende besluite vir jou groot dag. Maak seker jy is in die kol met jou trourok deur by hierdie seisoen se modes te hou. Maroela Media het by die bekende modeontwerper Diaan Daniels gaan vasstel presies wat dié trourokmodes is wat die koppe gaan laat draai.
“Die modes vir hierdie trouseisoen behels nog steeds ʼn baie lae ruglyn en rugdetail. Die nuwe volkantrokke met baie deursigtige detail is ook tans modetreffers,” het Daniels gesê.
“Rompe wat jy kan losmaak of half-way-rompe vir ‘drama’ is hoogs modieus, en verskillende soorte kant is nog steeds ’n groot modegier. Die kant wat nou so in die mode is, word gemaak van sterker patrone as die tradisionele fyn kant waaraan ons gewoond is.”
Daniels sê as jy jou rok uniek wil hou, is eensoortige materiaal ʼn goeie plan. Daniels het sy eie kralewerkplek in Indië waar jou materiaal ontwerp kan word. “Niemand sal dan dieselfde lap as jy hê nie. Elke kraletjie of die weef van kantpatrone word met die hand gemaak en is baie spesiaal. Ons kan selfs jou monogram of voorletter op jou rok inweef.”
Ag neeeee, ek het uitgesien na fotos. Die foto wat wel daar is, wys `n stunning rok!! Wys meer fotos asseblief.
Jissou!!!
Wat ‘n pragtige rok – veral die boonste gedeelte.
Wys nog asb!
Diaan is net so pragtige mens binne en buite as sy rokke!
Ek is bly dis n feetjie trourok, ek hou nie van die reguit af of meermin rokke nie. Reguit af was aandrag in die 60’s, meermin lyk altyd half klaargemaak. Vol bal rokke was altyd mooi vir n trourok