Veeldoelige velverbruining met velversorging

Skinny Tan is deur regte vroue vir regte vroue geskep. Twee ma’s, met ʼn passie om die beste velsorg te kombineer met velverbruining wat maklik en vinnig aangewend kan word en in ʼn dol leefstyl kan inpas, het met dié produk vorendag gekom.

Skinny Tan word geloof omdat dit vlekkeloos is, geen strepe laat nie en boonop natuurlik lyk – met elke aanwending. Die produk het reeds duisende vyfstergraderings gekry en het ʼn lojale wêreldwye gemeenskap van miljoene. Vroue is inderdaad dol oor dié velverbruiningsproduk!

Skinny Tan was die eerste velverbruining wat aanspraak kon maak op dié voordele en bevat boonop nie allerhande bestanddele wat jou vel kan beskadig nie. Al die produkte bevat ʼn reeks bestanddele wat jou vel hidreer, bevogtig en dit ʼn hupstoot gee.

Geniet jou beste vel en beste velverbruining ooit – alles met een produk!

Die bestanddele, wat al hierdie voordele aan jou bied, sluit in kokosneutwater, aalwyn, guarana, vitamine E, kakaobotter, vitamine C, papawersaad en selfs vitamine A. Dit is soveel meer as net velverbruining!

Maklike velverbruining 

Skinny Tan se doelwit is om velverbruining makliker, meer toeganklik en prettig te maak en die hindernisse te oorkom waarteen jy gewoonlik te staan kom.

Hoekom is die produk anders?

  • Gemaak van bestanddele waarvan tot 99% natuurlik afkomstig is.
  • Verryk met bestanddele wat jou vel, met elke aanwending, bevogtig en hidreer.
  • Dit word aangebied in die lekkerste geure soos kokosneut en vanilla, aarbeie en room, perske, pynappel en selfs sjokolade!
  • Unieke tekstuur om ʼn vlekkelose, maklike en prettige aanwending elke keer te verseker.
  • Velverbruining wat baie natuurlik lyk – gewaarborg. Niemand sal ooit weet dat jy hulle flous nie!

ʼn Strewe na selfvertroue, nie ʼn perfekte liggaam nie 

Skinny Tan vier diversiteit en is trots daarop dat vroue van alle ouderdomsgroepe, veltipes, fatsoene en groottes dol is oor dié produk.

Of jy al vantevore jou vel verbruin het, en of hierdie jou eerste ervaring is: Skinny Tan is jou perfekte vennoot om die resultate te kry waarna jy op soek is.

Ons weet almal voel beter wanneer hulle vel verbruin is – en ons is hier om jou selfvertroue aan te help, op enige manier wat ons kan!

Klik hier om die webwerf te besoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.