Video: Só weet jy jou bra is té groot of té klein

Corlia Lemmer wys hoe om jou bra korrek te verstel. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Enige vrou kan haar vereenselwig met die brandende sensasie van bra-bandjies wat deur haar skouers sny óf herhaaldelik deur die loop van die dag van haar skouers afgly.

Weens onkunde én die ongemaklike en dikwels uitputtende aankoopproses wat bra’s vereis, is dit te verstane dat 80% van vroue die verkeerde grootte bra dra.

Maroela Media het egter vir Corlia Lemmer, eienaar van How to Sew, geraadpleeg om al jou bra-verwante vrae te beantwoord.

In ʼn vorige video het sy vroue geleer hoe om hulself in ʼn japtrap vir die korrekte bra-grootte te meet en in vandag se video wys sy jou hoe om te bepaal of ʼn bra té groot of té klein is en ook hoe om ʼn bra se bandjies korrek te verstel (wenk: Dit moet nie deur die vel op jou skouer sny nie).

Corlia leer haar naaldwerkstudente om alles, van oefenklere tot onderklere, te maak.

Lemmer bied sedert 2014 naaldwerkklasse in haar ateljee in Montana asook by groot materiaalwinkels in die Pretoria-omgewing aan. “Ek het met so baie vroue in kontak gekom wat kla dat hulle sukkel om klere in winkels te kry wat hulle perfek pas. Ek besluit toe om my passie vir vroue én naaldwerk te kombineer en sodoende meer vroue te bemagtig om klere vir hulself te maak.”

In haar propvol klasse leer sy vroue hoe om alles – van broeke, oefenklere, rokke, swembroeke en selfs onderklere – te maak.

  • Volg How to Sew op Facebook en Instagram.
  • Besoek How tot Sew se webwerf hier.
  • Vir meer inligting stuur ʼn e-pos na [email protected].
  • Kyk hier na die tweede video waarin sy verduidelik hoe om te bepaal of jou bra té groot of té klein is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.