Volg ʼn loopbaan in skoonheid: Somatologie kan vir jou deure oopmaak

Foto verskaf deur Isa Carstens Akademie

Isa Carstens Akademie bied ʼn omvattende akademiese diplomakursus in somatologie aan vir studente wat graag ʼn professionele beroep in die skoonheidsbedryf wil volg.

Een van die beste dinge wat jy kan doen as jy in dié rigting belangstel, is om in opleiding te belê wat vir jou plaaslik en internasionaal deure kan oopmaak.

Isa Carstens Akademie wil graag vir jongmense die beste kans op ʼn suksesvolle toekoms gee en bied daarom ʼn holistiese en in-diepte praktiese en akademiese kursus aan.

Skoonheid kan ʼn opwindende loopbaankeuse wees

In die verlede was daar nie vir jongmense in die skoonheidsbedryf baie opsies om te oorweeg nie en die beroep het hoofsaaklik gefokus op skoonheidsbehandelings wat na die kliënt se basiese versorging en voorkoms omgesien het.

Gelukkig het die bedryf ook gegroei en word daar nou nie meer net op praktiese opleiding gefokus nie, maar ook op die akademie en teorie, insluitend besigheidsbestuur-vakke om entrepreneurskap aan te moedig.

Afhangende van die student se kwalifikasie, is daar ʼn wye verskeidenheid werk om van te kies, wat wissel van ontvangs en bestuur tot terapeute wat in spesifieke behandelings spesialiseer.

Watter loopbaanopsies is beskikbaar?

Foto verskaf deur Isa Carstens Akademie

As jy ʼn volwaardige skoonheidsterapeut wil wees, is ʼn omvattende kursus – soos die NQF 6-diploma in somatologie – die beste keuse. Dit bied ʼn holistiese en wetenskaplike benadering tot skoonheid en gesondheid om die beste resultate met behandelings te kry.

Studente kry ook 600 uur se praktiese werksondervinding om hulle vaardighede te slyp, sodat hulle ʼn aanwins vir enige salon, spa, passasierskip of velsorgkliniek kan wees.

Velsorg is die gewildste keuse as spesialisveld en word aangevul deur ʼn gevorderde diploma in vel-estetika op NQF 7. Dit help studente om hulle kennis van velsorg en tegnologie uit te brei vir wanneer hulle saam met dokters werk in die estetiese bedryf.

ʼn Aanlyn kursus van ses maande in salon-en-spabestuur, wat internasionaal erken word, is ook beskikbaar om bestaande terapeute se besigheidsvaardighede op te knap of entrepreneurs te help om die mark te betree.

Neem ʼn ingeligte besluit

Isa Carstens Akademie het takke in Stellenbosch en Pretoria. Om seker te maak of jy die regte keuse maak vir jou toekoms, word daar op 9 Oktober 2021 ʼn opedag op albei kampusse aangebied.

Alternatief kan individule afsprake gemaak word om te kyk hoe die geriewe lyk en om loopbaankeuses te bespreek. Studente kan ook virtueel inskakel om ʼn beter idee te kry van wat hulle kan verwag.

Die Stellenbosch- en Pretoriakampusse spog met koshuisgeriewe van hoogstaande gehalte.

Veiligheid is ʼn groot prioriteit en daar is 24/7 sekuriteit. Wi-Fi en wasserygeriewe is ook beskikbaar om die lewe makliker te maak.

Moenie jou droomberoep deur jou vingers laat glip nie. Maak vandag nog ʼn afspraak om aan die opedag deel te neem!

Besoek die webwerf by isacarstens.co.za
Skakel Stellenbosch 072 770 8589
Skakel Pretoria 079 951 5968

  • Isa Carstens is geregistreer by die departement van hoër onderwys en opleiding as ’n hoëronderwysinstelling ingevolge die Onderwyswet van 1997. Registrasiesertifikaat 2000/HE07/025.
  • Kwalifikasies geregistreer by die SAQA ID-nommer 111453 (NQF vlak 5), SAQA ID-nommer: 83046 (NQF vlak 6), SAQA ID-nommer: 97898 (NQF vlak 7)

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Voorkoms

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.