Wenke vir ʼn gloeiende gelaat dié somer

Daar is talle tekens dat lente in die lug is: Ligter oggende, bottende bome en warmer dae met koeler aande. Saam met die seisoensverandering het jy ook die geleentheid om jou velsorgroetine by die veranderende weersomstandighede aan te pas.

Amanda Du-Pont, stigter van die nuwe velsorgreeks Lelive, sê dat velsorg wat in die winter toegepas word verskil van dié wat in die lente verlang word.

“Nou is die tyd om te begin om jou vel voor te berei om jou natuurlike gloed aan te wakker. Deur jou velsorgroetine te verander is soos om sekere items in jou klerekas te verruil – dit is ʼn nuwe seisoen met nuwe vereistes,” sê Du-Pont.

Du-Pont het die volgende vyf wenke gegee vir ʼn gloeiende vel hierdie lente:

  • Twee wasse is beter as een

Soos wat die weer verbeter is jy geneig om meer tyd buite deur te bring. Sweet en ekstra lae sonroom veroorsaak verstopte porieë. As jy met watte oor jou gesig vryf sal jy sien dat een was nie voldoende is om al die vuil te verwyder nie. Die eerste was sal jou grimering afbreek en begin om vuil en oortollige olie te verwyder. Die tweede was sal spesifieke areas behandel en sal bevog, glad maak en ʼn uitslag behandel.

  • Verander jou dieet

Dit is tyd om jou daaglike stapelvoedsel te verander. Saam met die seisoensveranderinge is daar sekere kossoorte wat by jou dieet gevoeg moet word. Soos wat ons nader aan die somer kom, is somervrugte soos waatlemoen, bessies en sitrus van belang vir jou vel, aangesien dit vitamien C en antioksidante bevat.

  • Ligter bevogtiger, beter beskerming

Terwyl jy ʼn ligter bevogtiger sal kies in die lente en somer, is ʼn sonroom met ten minste ʼn 30 SBF-sonbeskermingsfaktor uiters belangrik. Met die son se strale wat sterker word nader aan die einde van die jaar sal jy yweriger te werk moet gaan met die aanwending van sonskerm wanneer jy buite is. Oorweeg dit ook om ʼn sonhoed te dra vir ekstra beskerming.

  • Weeklikse afskilfering

Afskilfering is die beste manier om ʼn gloeiende gelaat te verseker. Ons Suid-Afrikaanse wintermaande droog jou vel uit, maar namate die somer nader kom, kan jy jou vel ʼn ekstra hupstoot gee deur dit twee keer per week met ʼn sagte afskilferingsproduk af te behandel.

  • Bevogtig in lae

“Dit is belangrik om jou vel in lae te bevogtig en te voed. Wanneer jy jou vel skoongemaak het, begin met ʼn serum wat gelyktydig die vel ophelder en bevogtig met die kombinasie van multi-molekulêre hialuroniese sure,” sê Du-Pont.

Kyk hier na Lelive se velsorgreeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.