Veranderinge aan die nuus-app

Hierdie bladsy bevat die jongste veranderinge aan Maroela Media se nuus-app.

4 Januarie 2018

Maroela Media het ter wille van sekuriteit veranderinge aan die webwerf gemaak. Hierdie veranderinge beïnvloed grootliks die manier hoe die webwerf inhoud aan ou weergawes van die app verskaf. Die gevolg is dat weergawes van die app, vrygestel voor 15 September 2017,  nie meer die jongste artikels kan laai nie. Weergawes van die app wat sedertdien beskikbaar gestel is, word nie op hierdie manier ontwrig nie.

Dateer altyd Maroela Media se app op wanneer ʼn nuwe een vrygestel word om die jongste funksies en verbeteringe te geniet. Dankie aan die gebruikers van die app wat voortdurend goggas rapporteer, asook terugvoer gee oor waarvan hulle hou en nie hou nie.