‘Dronk’ tiener glo deur klasmaats verkrag

Vier tienerseuns van die KwaZulu-Natalse suidkus staan tereg op kriminele aanklagte nadat hulle glo ʼn meisie verkrag, dit opgeneem en die video by die skool versprei het.

The Witness berig dat die 16-jarige meisie glo onder die invloed van alkohol was en eers dié week van die video uitgevind het by die skool. Die polisie soek intussen na ʼn vyfde seun wat glo deel was van die verkragting. Die polisie is Dinsdag deur ʼn onderwyser na die skool ontbied. Drie seuns onderskeidelik 15,16 en 17 jaar oud is in verband met die voorval in hegtenis geneem. ʼn 17-jarige seun het homself Woensdag aan die polisie oorgegee. “Toe die polisie by die skool aankom het hulle op ʼn selfoon beslag gelê, wat duidelik wys hoe mense seksuele dade pleeg met die slagoffer, wat glo haar bewussyn verloor het,” sê ʼn polisiewoordvoerder, lt. kol. Zandra Wiid. Die polisie sê die meisie en ʼn klomp seuns het glo stokkies gedraai verlede Donderdag, alkohol gekoop en na ʼn strand in Port Shepstone gegaan. “Die meisie het glo dronk geraak en haar bewussyn verloor. Die vyf seuns het glo hierna seksuele dade met haar gepleeg. ʼn Video opname is gemaak en later na ander selfone versprei. ” Volgens ʼn bron wat die video gesien het, lyk die meisie “bedwelm en dronk.” Die seuns het glo ook nie kondome gebruik nie. Volgens die Kinderwet sal die tieners eers voor ‘n ondersoekpaneel verskyn wat soortgelyk is aan ‘n eerste verskyning in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.