‘Madiba is nie siek nie’

Nelson Mandela. Foto: GCIS

Die presidensie sê oud-president Nelson Mandela is nie in die hospitaal nie en rus tans by sy huis in Qunu in die Oos-Kaap.

Die aankondiging kom te midde van gerugte dat Mandela siek is. Die gerugte het glo begin nadat ENews tydens ʼn oorsig van die jaar se nuusgebeure gewys het hoe Mandela vroeër vanjaar na ʼn Johannesburgse hospitaal vervoer word. “Die presidensie het navrae van die media ontvang rakende Madiba se gesondheid,” het die presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj, gesê. “Dit wil voorkom of ʼn nuusoorsig deur ʼn mediahuis gelei het tot gerugte van swak gesondheid.” Maharaj sê president Jacob Zuma het Madiba namens die regering en die hele Suid-Afrika ʼn gelukkige en suksesvolle 2012 toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.