‘Reeksverkragter’ in Limpopo in hegtenis geneem

Die polisie in Limpopo sê hulle het een van die provinsie se ‘ergste reeksverkragters’ in hegtenis geneem.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Hangwani Mulaudzi, sê die 32-jarige pa van twee is Vrydag naby Modimolle in hegtenis geneem nadat hy deur DNS-toetse aan vier verkragtingsake verbind is. Mulaudzi sê die man het Vrydag vlugtig in die hof verskyn maar is nie gevra om te pleit nie. Hy sê die man kan glo aan nagenoeg 100 sake verbind word. Hy word sedert Oktober ondersoek nadat hy in hegtenis geneem is vir die verkragting van ʼn 17-jarige meisie. Die saak is teruggetrek weens ʼn gebrek aan bewyse maar DNS-resultate het die man verbind aan vier ander sake. Mulaudzi sê die ‘reeksverkragter’ sou vroue volg wanneer hulle terugkeer van die werk. Hy sou hulle dan glo gryp, verkrag en hulle selfone en beursies steel. Die man sal volgende Maandag in die Modimolle landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.