“Apartheid kan weer kop uitsteek”

Foto: Facebook

ʼn Onderdrukkende bestel soortgelyk aan apartheid kan weer kop uitsteek indien Suid-Afrikaners nie meer betrokke raak en die regering verantwoordbaar hou nie, het die komediant Pieter-Dirk Uys gesê.

Uys het die uitlating Maandag gemaak tydens ʼn openbare lesing, “You ANC Nothing Yet – On the ­Road to Mangaung”, aan Wits se Braamfontein-kampus in Johannesburg. “Apartheid sal nooit terugkom onder dieselfde naam nie maar dit sal terugkom onder ʼn ander naam. Dit sal ʼn afkorting wees en ons sal nie weet waarvoor dit staan nie maar ons sal voortgaan om vir dit te stem.” Uys sê apartheid was ʼn “dom” stelsel. Hy sê hy onthou hoe hy aan ʼn 12-jarige vertel het hoe swartmense gedurende apartheid nie toegelaat was om op sekere bankies se sit nie en dat die seun gedink het dit was dom want wie kan hom keer om op ʼn bankie te sit. “Dwaasheid maak dood…dit is so vindingryk, moet nooit dwaasheid onderskat nie…moenie die ANC-jeugliga onderskat nie,” het Uys gesê. Hy sê Suid-Afrikaners moenie die geskorsde ANC-jeugligaleier, Julius Malema, se uitsprake ignoreer nie. “ Ons ignoreer hom op ons eie risiko.” Uys sê die ANC-jeugliga is die toekoms van die land. Hy het jongmense aangemoedig om by jeugstrukture in te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mike ·

Beteken apartheid om iemand toe te laat om op ‘n bankie te sit, is dit nie eerder die “apathate” waarvan ook gepraat word nie? Ek het nog al die tyd gedink apartheid het ‘n wyer betekenis. Ek sou eerder wou sien dat die ANC jeugliga die toekoms van hulle eie mense moet wees en dat afrikaner jongmense moet inskakel by eie jeug strukture vir die afrikaner se toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.