“Tol-teenstanders vier jaar te laat”

Teenstand teen Gauteng se e-tolstelsel is vier jaar te laat het die hooggeregshof in Pretoria Dinsdag gehoor.

“Ek weet van geen ander saak waar aansoekers vier jaar na ʼn gebeurtenis kom en hul beroep op die hof se mag nie,” het David Unterhalter, namens die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), aangevoer. Hy sê die aansoekers het hul eie dringendheid geskep. “Die wat terugsit en wag, om watter rede ook al, moet die gevolge daarvan dra.” Unterhalter het redes aangevoer waarom die applikante se aansoek nie as dringend beskou moet word nie en dus laat vaar moet word. Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (BTST) het dié dringende hofaansoek gebring. Die burgerregte organisasie, AfriForum, het aansoek gedoen om as vriend van die hof toegelaat te word. Die padvragvereniging (RFA) en die Tolhek Aksie Groep (TAG) wat uit die VF+, die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), TLU SA en die Federasie vir Woonwa- en Kampeerklubs (FWKK) het ʼn soortgelyke aansoek gebring. Unterhalter sê die aansoekers het geweet dat die tolstelsel die voorkeur metode was om die fondse te geneer vir die Gauteng hoofwegverbeteringsprojek. Hy het wel toegegee dat die kwessie van tariewe oop was vir bespreking aangesien die eerste aankondiging rakende tariewe in Februarie 2011 gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.