1 000 polisielede oor drie jaar vasgetrek

Mzwandile Petros. Foto: www.you.co.za

‘n Duisend polisiebeamptes is oor die afgelope drie jaar in hegtenis geneem in verband met misdade.

Mzwandile Petros, die Gautengse polisiekommissaris, het dit Donderdag tydens ʼn New Age-ontbyt oor die regering se dwelmskoonmaak-veldtog bekend gemaak.

“Die inhegtenisnemings van die beamptes het tussen September 2010 en April 2013 plaasgevind,” het hy gesê.

Met ʼn polisiestasie wat uit omtrent 300 beamptes bestaan, beteken dit gevolglik dat drie polisiestasies hul deure sou moes sluit.

Petros sê egter dit sal nie die polisiebestuur weerhou in sy poging om die polisiediens “skoon” te maak nie.

“Dit neem twee jaar om ʼn polisiebeampte op te lei. Al het ons uiteindelik net tien beamptes oor, of selfs een, dís hoe ver ons met die veldtog sal gaan,” het hy gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

E J Otto ·

JAMMER EK GLO Daars baie MEER! Die wat nie korrup is nie kyk anderpad want dis hul base! Wanneer jy jouself in die minderheid bevind handhaaf jy maar n lae profiel soos ons kon sien hoe hul staan en kyk hoe brand n man en nie n vinger lig om te keer nie. Hoe word polisievoertuie vir privaat doeleindes gebruik. Hoe raak daar wapens uit n polisiestasie weg ! Waar is die kontrole klerk! Dood? Hoe raak daar belangrike dossiere weg? Ek glo nie aan spoke nie! ………………..Ek kan boeke skryf!

Pieter Tegmann ·

0ngelukkig loop daar nog om en by 10 000 ander los wat maak dat niemand n polisieman ooit sal vertrou nie, elke dag lees jy hulle is betrokke by gewapende roof, moord en verkragtings en gesins geweld. Nee dankie maar terwyl ons n slapgat minister het en sy trawante sal daar dadels van enige vervolging kom.

Gawie Botha ·

Nie eers sedert Jan Van Riebeek in die Kaap geland het 1652 tot 1994,was daar soveel lede van die polisemag,soos in een jaar toegesluit vir misdaad! Hierdie is n “Wereld Rekord’

JB ·

Dit gebeur NET in “ons” “wonderlike” nuwe Suid-Afrika! Hier waar die misdaad syfers “daal”, want die polisie steel die ware syfers! Wat ‘n voorbeeld vir die res van die wereld! :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.