1.7 miljoen misdade glo nie aangemeld nie

Meer as 3.3 miljoen misdade vind jaarliks plaas, maar helfte daarvan word glo nie aangegee nie.

Luidens ʼn verslag van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) dui data van Statistiek SA daarop dat ongeveer 1.7 miljoen misdade (52%) nie in 2011 by die polisie aangegee is nie. “Dié getalle sluit 82 000 sake van huisroof en 8 000 motorkapings in wat nie by die polisie aangegee is nie.” Volgens die SAIRR is ten minste 3.3 miljoen misdade in 2011 aangegee.

“1 000 moordsake, dit wil sê sowat drie moorde per dag, is nie in 2011 by die polisie aangemeld nie.”

Kerwin Lebone van die instituut se navorsingsdepartement, het gesê uitgawes op privaatsekuriteit het van R2 miljard in die 1990s na ʼn geraamde R50 miljard in 2011 gestyg. “Al hierdie feite duit op ʼn gebrek aan vertroue in die polisie deur sommige dele van die bevolking,” het Lebone in ʼn verklaring gesê. “Die Stats SA-data is ʼn steekproef van 31 000 privaat huishoudings (insluitend koshuise waarin werknemers tuisgaan) in alle provinsies, anders as die inligting van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat op ware sake wat aangemeld is, gegrond is.”

Lebone sê die opname is ʼn belangrike dokument wat die polisie se jaarlikse statistiek komplementeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Petro ·

Niks nuuts omtrent die berig nie! Mense meld dit nie aan nie want hulle is banger vir die Polisie se houding en arrogansie as vir die misdaad self. Het julle al ooit ‘n kabel diefstal in Polokwane aangemeld? Jy hoef nie want al wat die Polisie vir jou wil gee is ‘n saak nommer. En nee, daar is nie voertuie beskikbaar om uit te gaan na plase nie! Ek praat uit eie ondervinding, ons was deel van die statistiek!!!!

Suzette ·

ag, die rede vir die probleem loop as volg:
Jy bel jou naaste polisie stasie en hul stuur die verkeerde mense vir die saak.
Wanneer hulle opdaag is dit 2 dae later.

Ek wag nogsteeds vir my saak om verder voor te kom, geen antwoord!
Als het in Desember gebeur en dis nou Maart!???? Geen terug voering!

Yolande ·

Mense meld nie meer goed aan nie, want die “persoon” wat jou moet help kan 1 nie spel nie, nie hoor nie en mens nooit verstaan nie, jy hou 90% van die tyd meer as ‘n halfuur aan voor jy jou saak kan raporteer (teen die tyd is jy al verkrag, gemartel en aangerand) en as ek die virede keer die area waar ek bly moet uitspel… sit ek liewers die foon neer! O ja en dan daag die polisie eers 3 dae later op en is ongeskik met ‘n mens, asof JY die krimineel is.

SANETTE HENNING ·

p=POLISIE IS NEGATIEF OM MENSE TE HELP MET HUISROOF EN MOTORDIEFSTAL HUL VAT URE OM FONE TE ANTWOORD EN AS HUL UITKOM IS DIT URE OF DAE NA SAAK AANGEMELD IS. NET MENSE MET VERSEKERING MELD SAKE AAN WANT DIE SONDER VERSEKERING WEET DAAR IS BYKANS GEEN KANS DAT HUL GOEDERE TERUG GEVIND SAL WORD OF DIE OORTREDERS. dIE ALGEMENE VERSKONING IS HUL HET N TEKORT AAN VOERTUIE JY MOET SELF INGAAN EN SAAK AANMELD EN VERKLARING GEE DAN SAL HUL AS VOERTUIG BESKIKBAAR IS IEMAND UITSTUUR . sEKURITEITSMAATSKAPPYE IS MEER SUKSESVOL OM OORTREDERS VAS TE TREK AS POLISIE DALK AS POLISIE VOERTUIE NIE SAANS BY BEAMPTES SE HUISE SLAAP NIE SAL DAAR VOERTUIE WEES VOERTUIE WORD GEBRUIK OM BANK TOE TE GAAN, INKOPIES TE DOEN , PRIVAAT SAKE TE DOEN ASOOK OM PENDELAARS TE VERVOER HIER IN BETHAL IS DIT N DAAGLIKSE GESIG. nA URE EN NA SKOOL LYK POLISIE STASIE SOOS N KINDEWRSORG SENTRUM WAT HUL SO BESIG HOU DAT HUL NIE OPMERK AS IEMAND BY TOONBANK STAAN NIE dIS DIE REDE VIR NIE VOERTUIE EN LAKSHEID VAN POLISIE MAAK DAT MENSE NIE DIE SAKE RAPPORTEER NIE. AAN DIE POLISIEMANNE EN DAMES WAT NOG TROTS IS OP HUL WERK EN DIE PUBLIEK BYSTAAN BAIE DANKIE ONS IS TROTS OP JUL EN EK GLO DIS MOEILIK OM IN JUL OMSTANDIGHEDE JUL WERK TE VERRIG MAAR DOEN SO VOORT!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.