1 dood, 40 beseer in PTA-busongeluk

Foto: Netcare911

Een persoon is dood en 40 beseer in ʼn busongeluk op die N1 buite Pretoria, het paramedici Saterdag gesê.

“Die liggaam van ʼn persoon is onder die bus gekry en is op die toneel dood verklaar,” het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911 gesê. Die ongeluk het ongeveer 05:40 naby die Pumulani tolplaza plaasgevind, het Wicks gesê. “Dokters, paramedici en brandbestryders op die toneel het gesukkel om ʼn 13-jarige seun uit die wrak te bevry.” ʼn Helikopter het bygestaan om die seun na ʼn hospitaal te neem. Die bus het gerol en het aan die kant van die pad tot stilstand gekom. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Die polisie sal ondersoek instel. -SAPA

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.