1 gevangene dood, 1 gewond toe hulle probeer ontsnap

Een gevangene is doodgeskiet en nog een gewond toe hulle Sondagaand probeer het om uit die polisiestasie in Lansdowne, Kaapstad te ontsnap, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (ICD) gesê.

“Daar was ʼn poging om te ontsnap toe ʼn polisiebeampte die selarea besoek het. Hy is deur een van die gevangenes oorrompel,” het woordvoerder Moses Dlamini gesê. “Die gevangene het die sleutel in die worsteling by die polisiebeampte gekry en het toe vier ander verdagtes vrygelaat. Hulle het probeer ontsnap en die polisie het een verdagte, wat aangehou is vir die besit van gesteelde eiendom, doodgeskiet.” Nog ʼn man wat vir huisbraak en diefstal aangehou is, is tydens die skietery gewond, maar hy kon ontsnap. Dlamini sê drie ander gevangenes is weer gevang. Die ICD het twee dossiere oopgemaak – een vir moord en een vir poging tot moord. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.