1 sterf, 2 ernstig beseer in vragmotorbotsing

Foto: ER24

Een persoon is dood na ʼn botsing tussen drie vragmotors op die N1 suid tussen die Lynnwood- en Rigel-afrit.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die bestuurders van die ander vragmotors is ernstig beseer in die botsing wat Woensdagaand plaasgevind het. Banks sê een van die vragmotors het omgeslaan en die bestuurder moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Hy is in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling. Die bestuurder van die derde vragmotor is vir nek- en rugbeserings en ʼn gebreekte been behandel voor hy ook na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.