1 taxi, 60 kinders

Foto: www.looklocal.co.za

ʼn Taxibestuurder is in Polokwane in hegtenis geneem nadat hy 60 kinders in sy taxi vervoer het, wat net plek het vir 16 passasiers

LookLocal Polokwane berig dat die taxibestuurder, wat ook ʼn onderwyser is, verlede week in hegtenis geneem is nadat sy taxi tydens ʼn roetine-ondersoek van die pad afgetrek is. Verkeersbeamptes was geskok om 60 skoolleerlinge in die taxi te vind. Een van die verkeersbeamptes op die toneel het die taxi beskryf as ʼn “bewegende doodskis.” Die taxi se wiele was afgeloop en daar is ook vasgestel dat die stuurkolom en remme foutief was.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.