LookLocal Polokwane berig dat die taxibestuurder, wat ook ʼn onderwyser is, verlede week in hegtenis geneem is nadat sy taxi tydens ʼn roetine-ondersoek van die pad afgetrek is. Verkeersbeamptes was geskok om 60 skoolleerlinge in die taxi te vind. Een van die verkeersbeamptes op die toneel het die taxi beskryf as ʼn “bewegende doodskis.” Die taxi se wiele was afgeloop en daar is ook vasgestel dat die stuurkolom en remme foutief was.
Lees meer hier.