10 jaar tronkstraf ná 15 se dood

ʼn Taxibestuurder is Donderdag 10 jaar tronkstraf opgelê ná die sy roekelose bestuur die lewens van 15 mense geëis het.

Khululeka Gwala (24) is op 15 aanklagte van strafbare manslag skuldig bevind, maar op vier aanklagte van poging tot moord vrygespreek vir die mense wat beseer is in die ongeluk. ʼn Kind is wees gelaat nadat hy albei sy ouers in die ongeluk verloor het.

Gwala het in September 2011 onderweg na Pietermaritzburg by ʼn afdraende afgejaag en twee soliede sperstrepe oorgesteek en in die aankomende verkeer se baan gery om ander voertuie verby te steek. Hy het om ʼn draai steeds in die aankomende verkeer se baan gery alhoewel die sig hier slegs 80m is. Sy taxi het ʼn motor rakelings getref en hy het ʼn aankomende vragmotor getref. Die voertuig het op ʼn skuinste beland met die vragmotor bo-op.

Waarnemende regter Piet Bezuidenhout sê Gwala het ʼn bewuste besluit gemaak om die dubbelsperstreep oor te steek en steeds aan te hou om die spoedgrens te verbreek. “Sy poging om weer in sy baan te kom was ʼn hoërisiko-beweging,” het Bezuidenhout gesê.

Bezuidenhout sê taxibestuurders het ʼn groot verantwoordelikheid om die veiligheid van hul passasiers te verseker. ʼn Polisiebeampte het gesê die ongelukstoneel was die ergste wat hy in 20 jaar gesien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.