10 jaar tronkstraf vir R100

‘n 21-jarige man van die Oos-Kaap is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy R100 by sy buurman gesteel het.

“Yamkela Tshoyi van Mdantsane is Vrydag deur die landdroshof gevonnis,” het lt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, Maandag gesê. “Tshoyi se buurman was in Mei 2012 oppad na ‘n nabygeleë kafee toe hy beroof en met ‘n mes gedreig is. Tshoyi het met die R100 gevlug.”

Mzuku sê dit was nie maklik om die landdros te oortuig nie, maar Tshoyi is uiteindelik skuldig bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elize Beukes ·

So kinderagtig….verkragters en moordernaars kry borgtog – het die landswette intussen verande?

Helene ·

Ek stem! So die ou het 1 jaar tronkstraf gekry vir elke R10. Beklaglik!

SANETTE HENNING ·

Belaglik verkragters kry 5jaar , n taxi-bestuurder met onpadvaardige voertuig ry kind dood kry 5jaar. Dit laat mens twyfel in die regstelsel se oordeel.

Paul ·

Dit gaan nie oor die R100 nie – dit gaan oor die feit dat dit gewapende roof was, nie diefstal nie. Daar is ‘n groot verskil tussen gewapende roof (waar iemand se lewe bedreig word) en diefstal (waar niemand se lewe bedreig word nie).

JP Hugo ·

Wonder net hoeveelste oortreding hierdie was. Seker ‘n ou tronk-voel met ‘n lekker opgeskorte vonnis wat le en wag het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.