10-jarige ernstig beseer na trein haar tref

ʼn 10-jarige meisie is in ʼn ernstige toestand in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal, na ʼn trein haar Vrydagmiddag getref het.

Volgens Jeffery Wicks, woordvoerder van Netcare911, het die meisie glo probeer om van ʼn platform by die West Rail-stasie in West Village, Krugersdorp, op ʼn bewegende trein te spring en het tussen die trein die platform beland.

“Paramedici het op die toneel gekom en die meisie in ʼn kritieke toestand gevind. Sy het ernstige besering aan haar onderlyf opgedoen. Sy is op die toneel gestabiliseer en is met ʼn helikopter na die hospitaal geneem,” het Wicks aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.