Twee seuns in Randburg naby Johannesburg het Dinsdagoggend omstreeks 09:00 byna verdrink.
“Die kinders, onderskeidelik vier en sewe jaar oud, is deur hul 10-jarige boetie gered,” het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, gesê. “Die omstandighede is nog nie duidelik nie.”
Die seuns was by hul volle bewussyn toe paramedici op die toneel gekom het. “Hulle het slegs water ingeasem en gesluk.” Die twee seuns is na Coronation-hospitaal geneem en is tans in ‘n stabiele toestand.