10-jarige seuntjie het Donderdagmiddag verdrink toe hy en sy 13-jarige nefie op ʼn branderplank in die see gaan roei het.
“Die twee kinders het sonder toesig by Melkbaaistrand in Strand gaan roei. Volgens die 13-jarige het sy nefie van die branderplank afgeval en kon nie swem nie,” het Craig Lambinon, ʼn woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.
Die tiener het probeer om die seun te red, maar hy het onder die water verdwyn.
“Die kind se liggaam is later deur die polisie se duikeenheid onder die water sowat 50 meter die kus af gevind.”
Die polisie staan die kinders se gesinne by met traumaberading.