10-jarige val van sleepwa af

‘n 10-jarige seuntjie het Woensdagmiddag ernstige beserings opgedoen nadat hy van ‘n sleepwa op ‘n plaas naby Visser’s Hok in Durbanville afgeval het.

“Die gebeure wat tot die voorval gelei het is nog onseker, maar die seuntjie het agter op ‘n oop sleepwa, wat deur ‘n trekker gesleep is, gery,” het André Visser, woordvoerder van ER24 gesê. Die trekker het oor ‘n heuwel in die grondpad gery wat die seuntjie bo van die sleepwaentjie af laat tuimel het. Die seuntjie het op die grondpad geval. Paramedici is ontbied en hulle het dadelik besef die seuntjie het ernstige beserings opgedoen, en sal sonder verwyl na ‘n hospitaal geneem moet word.

Hulle het die ER24 Discovery-helikopter ontbied wat die seuntjie na die Red Cross kinderhospitaal geneem het vir verdere behandeling. Die seuntjie is op die toneel vir ‘n kop- en rugbesering behandel.

Die betrokke owerhede sal die voorval verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.