10-jarige van brandende gebou gered

Argieffoto.

ʼn Tienjarige seun is Donderdagmiddag uit ʼn brandende gebou in Durban gered.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê verskeie nooddienste was vinnig op die toneel waar ʼn ou vervalle gebou in Durban se middestad in ligte laaie gestaan het. “Die brandweer kon daarin slaag om die kind uit die brandende gebou te red, waarna paramedici die seun behandel het,” het Steinmann gesê. “Die kind was ʼn straatkind wat in die vervalle gebou gebly het. Dit was nie nodig om die kind na ʼn hospitaal toe te neem nie. Hy is aan die departement van welsyn oorhandig.”

Daar is geen ander beserings aangemeld nie. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.