10-jarige verdrink byna in Kampsbaai

‘n 10-jarige het Saterdag byna by Kampsbaai verdrink.

Die seun het in die getypoele by Kampsbaai geswem, maar was só moeg dat hy glo nie meer kop bo die water kon hou nie, het ER24 gesê. Hy het paniekerig geraak en sy arms wild in die water begin waai. Omstanders het hom raakgesien en hom te hulp gesnel, maar hy het reeds gesig na onder op die water gedryf. Die omstanders het hom uitgetrek en die paramedici op die toneel het dadelik die seun begin behandel. Hy het erge asemhalingsnood gehaad, en AER24 is na die toneel ontbied.

Paramedici aan boord het behandeling oorgeneem en hom na die Red Cross Kinderhospitaal geneem. Die kind se toestand het hier ietwat verbeter en hy is in die sorg van personeel by die hospitaal gelaat. Hy bly onder observasie by die hospitaal.

Die seun se presiese ouderdom is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.