10-jarige verdrink in openbare swembad

‘n 10-jarige seun het Saterdag in ‘n openbare swembad in die Oos-Kaap verdrink.

“Die seun was reeds dood toe paramedici by die toneel in Motherwell in die Oos-Kaap aangekom het,” het Santi Steinman, woordvoerder van Netcare911 gesê.

Meer as 45 mense het reeds sedert die begin van Desember in die Oos-Kaap verdrink. Meeste van die voorvalle was in die Tsitsa- en Mzimvubu-riviere terwyl ander in die Buffels- en Swartkopsrivier, by Blouwaterbaai, by Tina-valle en in verskeie damme verdrink het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.