10 mense vas vir die moorde in die Oos-Kaap

Tien mense is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die twee moorde in die Bityi-gebied naby Mthata, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela het gesê dat die polisie tydens hul soektog Dinsdag na ʼn 40-jarige man op die lyk van ʼn 37-jarige man in die veld naby die Lugolweni informele plakkerskamp afgekom het. Hulle het Woensdag op die lyk van die 40-jarige man afgekom. Die tien sal Vrydag in die periodiese hof in Bityi verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.