10 mense vir openbare onrus gevang

Tien mense is Saterdag vir openbare onrus in hegtenis geneem nadat hulle ‘n gedeelte van die snelweg aan die suide van Johannesburg met klippe versper het.

Die inwoners naby Dreizicht in Orange Farm, eis glo dat die regering grond aan hulle sal gee om huise te bou. Alhoewel die groep intussen uit mekaar is, het hulle gedreig om weer bymekaar te kom. Tshifhiwa Mitileni, woordvoerder van die polisie, het gesê die beamptes hou ‘n ogie oor die informele nedersetting. “Hulle het ‘n brief oorhandig en het ook probeer om die polisievoertuie met klippe te gooi. Die openbareorde-eenheid is ontbied en hulle kon die skare beheer. Ons bevestig dat 10 mense in hegtenis geneem is,” het Mitileni gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.