Die Gautrain het Donderdag aangekondig dat hulle die 10 miljoenste passasier vervoer het.
Hulle versoek die persoon met die kaartnommer 2066032048 om met hulle in verbinding te tree. Die persoon het reeds meer as 900 keer op die trein gery en reeds meer as 400 keer op een van hul busse. Die persoon wen ‘n prys van Wilderness Safari se Pafuri-kamp.
Gautrain is ʼn 80km-lange sneltreinvervoerstelsel in Gauteng en koppel Johannesburg, Pretoria en OR Tambo Internasionale Lughawe aan mekaar. Die projek het die finale been van die spoor, tussen Rosebank en Johannesburg Parkstasie op 7 Junie 2012 tot die roete bygevoeg. Die eerste 150 passasiers het op 3 Februarie 2009 ʼn proeflopie van 3 km geniet. Die eerste gedeelte van die stelsel, tussen Sandton en OR Tambo Internasionale Lughawe is op 8 Junie 2010 bekendgestel.