100 persent Britse bief toe perdevleis!

Britte is ontsteld na dit geblyk het dat die “100 persent beesvleis” wat hulle aanskaf, dikwels tussen 30 en 100 persent perdevleis bevat.

Die Britte is bekend as perdeliefhebbers.

Die Britse Voedsel- en produkteowerheid het sy kommer oor die teenwoordigheid van perdevleis in honderdduisende pakke bevrore hamburgervleis, kits spaghetti  en lasagne uitgespreek omdat spore van die middel Butazolid daarin aangetref word. Die oormatige inneem hiervan kan dodelike bloedsiektes veroorsaak.

Die leweransiers van die “bedenklike” vleis is van Brittanje, Ierland en Frankryk afkomstig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.