10111-operateurs weier glo om hulp te ontbied

Saps-ls10-320x224Personeellede van die polisie se 10111-noodlynsentrum het glo geweier om polisielede na ʼn huis in Durban te ontbied nadat ʼn gestremde man se vrou vermoor is, berig die Sunday Tribune.

Volgens die berig is Edda Jumaima Botha glo vroeg Saterdagoggend in haar huis in Athlone Park doodgeslaan. Botha se gestremde man het glo alarm gemaak waarna die bure ondersoek gaan instel het. “Toe ons 10111 geskakel het, het daar ʼn argument uitgebreek nadat die operateur nie bereid was om iemand uit te stuur sonder die presiese besonderhede van die slagoffer en haar beserings nie. Ons het nog nie al die besonderhede gehad nie,” het Richard Alkins, van die Aminzimtoti misdaadvoorkomingsorganisasie, aan die koerant gesê. “Ons kon uiteindelik daarin slaag om ʼn polisievoertuig wat in die area gepatrolleer het se aandag te trek. Hulle kon nie glo dat hulle nie onmiddellik na die toneel ontbied is nie.” Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het die aanval op Botha bevestig en gevra dat “diegene wat die bewerings gemaak het na vore sal kom sodat dit ondersoek kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Justi ·

Goeie genade! Die polisie raak nou te erg! Die wat aan diens was weet mos die mense is in skok en wil net hulp he. Hul houding teenoor die publiek stink regtig. Raak ontslae van sulke mense.

El Randall ·

Die polisie het reeds n swak reputasie en dan nou sulke dinge. Ek het ook baie respek vir SAP lede wat hulle werk getrou doen in moeilike omstandighede. Die owerhede moet beslis daaraan dink om strawwe in Suid Afrika swaarder te maak, want by ons is dit n fees vir n krimineel.

Trippie ·

DIS SKOKKEND, EN SKANDALIG !

Hoop hulle word permanent uit hul poste verwyder.

Gideon Erasmus ·

Wet en orde word nie gehandhaaf nie, en dit is die rede vir absolute verval. Staatsamptenare reken hulle is verhewe bo algemene publiek en verstaan nie die basiese beginsel van dienslewering nie.

M BESTER ·

Ja, alles word mos deesdae ondersoek. Hulle sal nie eers hulle agterstewe kry as hulle dit soek nie. Mens hoor van al die ondersoeke,maar jy hoor nooit dat ‘n ondersoek afgehandel is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.