Altesaam 106 meisies onder die ouderdom van 12 is in die afgelope drie maande in die omgewing van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal verkrag, het The Witness Donderdag berig.
Dit is bykans ʼn derde van die 325 verkragtings wat sedert Julie tot September in die uMgungundlovu-distriksmunisipaliteit se omgewing by die polisie aangemeld is.
Dié statistiek is Woensdag tydens die sogenaamde “Sugar Daddies”-veldtog in Pietermaritzburg bekend gemaak. Die veldtog fokus op bewusmaking oor die maatskaplike euwel waar skoolmeisies deur “ouer mans met geld” uitgelok word.
Sthembile Dlamini, ʼn gesondheidsbeampte, het gesê die munisipaliteit het ook 821 geboortes van meisies onder 18 geregistreer.
Pietermaritzburg, Howick, Mpendle en Richmond val binne dié munisipaliteit.
– SAPA
Klink meer na n konynboerdery.