10de Boeremag-lid skuldig bevind

Tom Vorster

Boeremagleier Tom Vorster is Maandag aan hoogverraad skuldig bevind.

Regter Eben Jordaan het bevind dat Vorster, wat ‘n sekuriteitsmaatskappy besit het, ‘n leidende rol in die verregse staatsgreep gespeel het. Vorster is die 10de persoon van die 20 Boeremag-beskuldigdes om aan hoogverraad skuldig bevind te word.

Vorster het in 2002 as leier van die organisasie by Mike du Toit oorgeneem. Hy was ook in dié posisie toe talle nuwe lede ‘n eed van getrouheid aan die Boeremag gesweer het, en bevestig het dat verraaiers geskiet moet word.

Jordaan het aangehoor hoe Vorster ‘n konfooi Boeremaglede, bewapen met bomme en ammunisie, gelei het om verskeie teikens by ‘n informele nedersetting in Alexandra, noord van Johannesburg, op te blaas. Die regter het getuienes voorgelees oor hoe Vorster die operasie kanselleer het nadat hy uitgevind het hy is verloën en dat die polisie van hul planne bewus is. Jordaan het verder bevind dat, indien die aanval voortgegaan het, die skade en lewensverlies chaotiese proporsies sou aangeneem het.

Die uitspraak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.