11 beseer in Benoni-ongeluk

Foto: Netcare 911

Elf mense is Vrydagoggend beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het op die Modder B-pad in Benoni gerol het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die bestuurder van ʼn minibustaxi het beheer oor die voertuig verloor waarna dit gerol het. Die voertuig het uiteindelik regop in die veld langs die pad beland. “Sewe mense is ernstig beseer en vier mense het geringe beserings opgedoen,” het Steinmann gesê.

Al die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.