11 beseer toe Durban-treine mekaar tref

Durban-treinstasie vanaf Moses Mabhida-stadion Foto: Hansueli Krapf

Durban-treinstasie vanaf Moses Mabhida-stadion Foto: Hansueli Krapf

Altesaam 11 mense is beseer toe twee treine mekaar Vrydagoggend net na 08:00 by Berea-stasie in Durban getref het.

“Een van die persone het kritieke beserings opgedoen,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie sal ondersoek instel.”

Volgens Botha is al die beseerdes op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskeie hospitale in die omgewing geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.