11 dood, 47 beseer ná Limpopo-busongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Elf mense is dood en talle beseer nadat ʼn bus ʼn Toyota Corolla op die N1 naby Makhado (Louis Trichardt) Vrydagoggend getref het.

“Die ongeluk het omstreeks 02:00 net voor die Capricorn-tolplaza plaasgevind,” het Jimmy Machaka, woordvoerder vir die departement van paaie en vervoer in Limpopo, gesê. “Die bus, wat glo ʼn voertuig op die geelstreep verbygesteek het, het die Corolla getref.”

“Altesaam 11 mense is dood: vyf mense wat in die Corolla gery het en ses mense wat in die bus vervoer is.”

Ses mense is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem. Elf mense is ernstig beseer en 30 mense het geringe beserings opgedoen.

“Die departement sal alles in sy vermoë doen om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.”

Die pad was Vrydagoggend omstreeks 07:30 nog steeds vir verkeer gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

fransie ·

Die departement hoef nie die oorsaak van die ongeluk te soek of ondersoek nie – kom ry net 15 min op die N1 tussen Polokwane en Makhado – jou hare sal rys – dit is 2 bane – een vir gaan en een vir kom – maar niemand het respek daarvoor nie vir n verkeer vloei ry mens in die geelstreep en dan kan die ou agter jou verbygaan MAAR dan kom die idiote van voor af en steek die lyne oor in jou baan in en forseer jou om gou pad te gee – ek was al in n situasie dat daar 3 voertuie v an voor gekom het – in die geelstreep in die aankomende baan en n 3de wat die 2 verbygaan in ons baan en langs ons was n vragmotor in die geel baan – ons was 5 voertuie wat verby mekaar geskuur het en die middelste voertuig het sy ligte geflikker dat ons moes padgee – dit was net die Here se genade dat ons nie dood is nie – en so ry dit elke dag heeldag op daai pad – seker 1 van die gevaarlikste paaie in die land

Daan ·

Die belastingbetalers gaan nou weer die mediese onkostes dra vir die klomp Zimbabweërs.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.