11-jarige in hof oor moord

Argieffoto

ʼn 11-jarige seun het Dinsdag in die Humansdorp-landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn 6-jarige seun met ʼn mes doodgesteek het.

Maroela Media het vroeër berig die verdagte, van St Francisbaai in die Oos-Kaap, het glo op 25 Februarie vir Deacon Anoster (6) met ʼn mes doodgesteek terwyl hulle huis toe gestap het van die skool af. Anoster se ouers het hom as vermis aangegee nadat hy nie van die skool af teruggekeer het nie. ʼn Inwoner het sy liggaam die volgende dag in ʼn veld gevind. Lees meer hier.

Ao. Basil Seekoei het Dinsdagmiddag gesê die saak is tot 23 April uitgestel. “ʼn Sielkundige is steeds besig om ʼn verslag saam te stel om die kind se strafregtelike aanspreeklikheid te bepaal,” het Seekoei gesê.

Die kind word tot die volgende hofverskyning in ʼn plek van veilige bewaring aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.