11-jarige vermoor glo kind

ʼn 11-jarige seun het Woensdag voor ʼn landdros in Humansdorp in die Oos-Kaap verskyn nadat hy glo ʼn sesjarige seun met ʼn mes doodgesteek het.

Ao. Basil Seekoei, woordvoerder van die polisie, sê die 11-jarige seun het glo Maandag vir Deacon Anoster (6) met ʼn mes doodgesteek terwyl hulle huis toe gestap het van die skool af. “Hy het in die kantoor van die landdros verskyn.” Anoster se ouers het hom as vermis aangegee nadat hy nie van die skool af teruggekeer het nie. ʼn Inwoner het Anoster se liggaam omstreeks 3:00 Dinsdagoggend gevind. Ses seuns, tussen die ouderdomme van ses en 11, is in verband met die moord ondervra. Die 11-jarige seun is na ʼn plek van veiligheid geneem in Port Elizabeth waar ʼn psigiater hom sal evalueer oor of hy kan onderskei tussen reg en verkeerd. Die seun sal weer op 27 Maart voor die landdros verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.