ʼn 11-jarige meisie van Gauteng is Woensdagoggend in haar huis verkrag en verskeie kere met ʼn mes gesteek.
Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die meisie het saam met haar boetie in hul huis in Bram Fischerville in Soweto geslaap toe sy aangeval is.
“ʼn Man het toegang tot die huis bekom en die meisie verkrag, waarna hy haar drie keer in die bolyf met ʼn mes gesteek het,” het Makhubela gesê.
Die meisie het om hulp geroep en ʼn buurman het reageer. Sy is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal geneem.
Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en verkragting. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Wat van ‘n klag van poging tot Moord!!!!
Hoe siek het die wêreld geword…… Sodom en Gamorra. Ons leef in die tyd van Baal afgodery en alles wat boos is!! Maar daar is hoop HY sal weer op die wolke verskyn!! Ons kom red van die boosheid!! Hoe en waar sal ons heen vlug teen die bose wat regeer as die volk so afvallig geraak het??
GS ek stem. 11 jaar, en haar hele lewe is verwoes deur die siek gemors.
As ek sulke goed lees dan word ek so kwaad dat dit voel ek kan daai man aan skeel gryp en hom vir wurg.Hoe kan so `n groot mens dit doen aan `n elf jarigekind doen. Lyk my hulle verstand hang af onder toe .Sny sy goed af want `n mens kan sien dit het vir hom gepla.